Speech by Johannes Combrinck on the State of the Nation Address Debate
13 February 2007
Speaker,
Agbare President,
Adjunk President,
Agbare lede,
Hooggeplaasdes,
Besoekers en gaste,
President Mbeki, in die nawee van u Staatsrede verlede Vrydag, was dit vir my as n ANC-lid enersyds teleurstellend en andersyds ironies om veral die redaksionele outopsies in die naweekpers in al hul uiteenlopende kommentaar gade te slaan. Teleurstellend omdat die hoofstroom media, beide Engels en Afrikaans, hulle gefokus het op aktiwiteite wat grens aan sensasie-en dit is die koers wat hulle ingeslaan om relevant te bly? Ironies omdat ek glo dat die miljoene lesers, asook ons bevolking in die algemeen, bewys het dat hulle, hoe meer hulle aan hierdie doemprofesiee blootgestel word, hulle gesonde oordeel eintlik versterk word! Die oorweldigende ANC-meerderheid in die 2004 verkiesinguitslag is klinkklare bewys hiervan. Maar dit vir nou eers daar gelaat.
Speaker, een van die indikators van 'n ontwikkelende land se suksesse, veral in 'n land soos ons s'n, waar die nalatenskap van apartheid-kolonialisme, ten spyte van sy steeds akute simptome , is die sukses of voorspoed wat ons as 'n regerende party in die sfeer van die sosio-ekonomie behaal. Soos uitgewys deur u agbare President, geeneen van ons, en die helde en heroines voor ons, was van stryk gebring deur die blote enormiteit van die uitdagings nie. Feit van die saak is, as 'n Beweging vir Verandering, gerugsteun deur die tradisies van stryd, konsensus, determinasie en ywer, het ons in 2004 ons 'KONTRAK MET DIE MENSE' gesluit gegrond op die beginsels dat ons as die ANC, beide die historiese en morele plig het om die pas na 'n demokratiese, nie-rassige, nie-seksistiese, voorspoedige Suid-Afrika te versnel.
Maar Speaker, soos geartikuleer deur die agbare President Kameraad Thabo Mbeki, is ons taak 'die voortsetting van bewese struggle gegrond op die beginsels van ons ongeewenaarde tradisie van struggle van leiers van weleer, naamlik, Luthuli, Tambo, Mandela, ens. As 'n jong Afrikaner in die Beweging, en toe ek jonger was moet ek benadruk, aan die aand-ete tafel, was hierdie einste helde en wat hulle moes prysgee, behalwe HUL VRYHEID, agbare lede, die dominerende onderwerp. Wat skokkend is, veral gedurende hierdie debat, miskien selfs die debat verlaag, is die onbeskaamde opportunisme en gebrek aan integriteit wat uit die opposisie banke kom. Maar Speaker, ons gaan nie hulle deuntjie sing nie-die ANC is verantwoordbaar aan die mense!
Speaker, maar om perspektief en uitdaging aan ons President se Staatsrede te gee is dit uiters krities dat ons in geen onsekere taal uitdrukking gee aan die President se ongeewenaarde leierskap in hierdie verband. Leierskap omdat ons in die demokratiese Suid-Afrika kritieke skuiwe moes maak, waarvan sommige ons die harnas van die sogenaamde openbare beleidskenners, en andere verskans as onafhanklike ontleders, op die hals jaag,
Waardebepaling ons beweging en beleid
Ja Speaker, laat ons dan van nader beskou daardie elemente wat ons as 'n nasie en volk definieer. In hierdie verband moet ons noem dat as die ANC-regering ons talle wetlike- en beleidsinstrumente die lig laat sien het oor die afgelope byna dertien jaar en sover ek kon vasstel is hierdie buitengewone prestasie van goeie regering een wat die die agbare lede in die opposisie banke steeds aan die raai het. Verder is noodsaaklik dat ons natuurlik ons fokus en onvermydelik so Speaker, na die ekonomie, na beide ons makro- en mikro vlakke en al die meegaande manifestasies. En ek moet ook terselfdertyd noem, terwyl on shier debat voer Agbare President en soos u natuurlik bewus, is daar huidiglik 'n Huishoudelike Verbruikers Opname aan die gang onder die vaandel van Statistiek Suid Afrika, om onder andere spandeertendense, tekortkominge, armoedevlakke, geletterdheidsvlakke ensovoorts, Ja Speaker, hierdie opname word gedoen in tweehonderd en tagtig huishoudings landswyd, insluitende die Noord-Kaap, my provinsie.
Speaker, ons is byna dertien jaar aan bewind en hierdie periode van stille sukses he tons as die African National Congress streng volgens ons Kongres Resolusies, Stellenbosch, 2002, wat as hoofdoel anti-armoede en 'n beter lewe vir almal nastreef, En nodeloos om te se, dat hierdie, ons beleid, in sy geheel ongeewenaard is in die geskiedenis van ons land. En dit is 'n onbetwisbare feit dat toe die ANC die leisels by die apartheidsregime oorgeneem het, was Suid Afrika in 'n greep van ongelykhede, opwaartse armoede vlakke, stygende werkloosheidsyfers, onvolhoubare regeringskuld, begrotingstekorte.
Desnieteenstaande hierdieverlammende nalatenis Speaker, het hierdie ANC-regering die volgende ekonomiese stutte versekert:
- Ongekende hoe vlakke vertroue, stabiliteit en sekerheid nie net nasionaal nie, maar ook internasionaal
- Lae regeringskuld en inflasie
- Substantiewe groei in die uitvoer van vervaardigde goedere, veral in die auto industrie en minerale anders as goud en 'n verhoogde produktiwiteit en verbeterde menslike en tegnologiese vaardighede in die algemeen
- 'n Toename in bemagtigingsgeleenthede vir veral swart mense in die alfemeen, vroue en die jeug
- Hervorming van die arbeidsektor wat gelei tot beter arbeidsverhoudinge
- Integrasie van veral vroue in die hoofstroom van die ekonomie en op regeringsvlak en,
- Erkenning van die kritieke rol van die jeug en bemagtiging van hiedie sector van die samelewing
Integrasie van die Tweede Ekonomie in die Eerste Ekonomie
So laat dit duidelik wees Speaker, ons regering was in verskeie opsigte suksesvol, hoofsaaklik deur die gebruik van verskeie instrumente, wetgewing en andersins, om dan die Tweede Ekonomie in die Eerste te integreer. Met die gevolg dat dit ons regering in staat gestel het om dan die skuif te maak na 'n meer ekspansionere ekonomiese posisie. Verder, terwyl maatreels soos industriele herstrukturering, arbeidshervorming veral ten opsigte van wetgewing, swart bemagtiging en ondersteuning vir klein en medium ondernemings, menslike hulbronne ontwikkeling en veranderings in ons belasting network, ietwat van 'n impak maak op ekonomiese magswanbalans, floreer die paradigma. Hierdie paradigma Speaker, manifesteer dit self dan in die hoe werkloosheidsyfers. .
Die stryd teen armoede
Maar Speaker, fundamenteel tot ons strategiese benadering is die mate waartoe die Tweede Ekonomie goedkoop en ongekoolde arbeid voorsien wat hierdie einste Eerste Ekonomie benodig. Dit word aan die lewe gehou deur werkers wat, of tydelike of gewone werk bekom, of welsynstoelae of hul sosiale toelaes soos voorsie deur die staat, aan familielede stuur. Meer nog, dit is ook gekoppel aan die Eerste Ekonomie in soverre hulle dan hierdie skamele inkomste spandeer op verbruikersartikels, toerusting ensovoorts. Hierdie hulbronne Speaker, vorm dan ongelukkig die lewensaar van die informele ekonomiese sektor, bestaande uit klein entrepreneurs, vakmanne en 'n verskeidenheid diensverskaffers. Ja Speakert, hierdie tweesnydende swaard is die middelpunt van ons regering se Versnelde Groei Inisiatief van Suid-Afrika, ook beter bekend as ASGISA. En ja Speaker, die jaar 2007 is een van beleidsintensitieit vir die African National Congress.
In terme van ASGISA voorsien en het ons ten doel om onder ander, groei in die ekonomie te versnel en 'n meer gelyke verdeling te bereik en met veral gunstige projeksies in terme van ons Bruto Binnelandse Produk ens, is ons optimisties. Ons het byvoorbeeld oor die laaste twee jaar meer as twee miljoen werksgeleenthede geskep, maar is terseldertyd ook nie skaam on te erken dat omtrent vier miljoen te veel werkloses daagliks steeds aan die deure van fabrieke, staatsdepartemente, maatskappye, myne en selfs klein en medium sakeondernemings se deure klop nie. En natuurlik word dit herbeklemtoon omdat ons werkskeppingsprogramme nie deur volhoubaaarheid onderstut word nie.
In hierdie verband Speaker en Meneer die President, as die African National Congress en gegewe die feit dat ons die halfpadmerk van ons parlementere termyn bereik, is dit dan ook 'n periode van refleksie vir ons. Ons sal onder andere, ons Medium Termyn Raamwerk wat loop tot 2010 goedkeur, introspeksie doen omtrent ons eie Millenium Ontwikkelings Doelstellings assok intense bestudering van alle instrumente tot ons beskikking in ons strewe na 'n beter lewe vir almal
Provinsiale perspektief
Speaker, maar ek wil graag op die President indruk oor die dinamiek van my provinsie, die Noord-Kaap. En vir die ander agbare lede wat dalk nie bekend is met die basiese inligting van die Noord-Kaap nie, net die volgende: die Noord-Kaap is by verre die grootste provinsie in Suid-Afrika met die kleinste bevolking. Dit is 'n uitgestrekte, eindelose, semi-woestyn landskap van wilde topografiee en wilde vlaktes, asemrowende natuurskoon en panoramiese uitsigte. Meneer President, ek sou baie graag u poetise instinkte wou bevredig, maar die tyd gaan my nie toelaat nie, jammer!
Speaker, die ekonomie van die Noord-Kaap is in die geheel gebaseer en afhanklik van haar natuurlike mineral hulpbronne en myne. Dit tersyde, ander sektore sluit in landbou, vissery, marikultuur en toerisme, wat dan op een of ander manier die ekonomie domineer. Huidiglik maak minerale produksie die grootste bydrae tot die Bruto Geografiese Produk van die Noord-Kaap uit naamlik 22 persent, terwyl die landbou, wat 10 persent bydra tot die BGP, die grootste werkverskaffer is. Vervaardigingsaktiwiteite is relatief onderontwikkel en die se bydrae is slegs 4 persent tot GGP.
Maar Speaker en Kameraad President, strukturele probleme duur voort en ondermyn steeds ons ekonomie, nie net op makro-vlak nie, maar ook mikro-vlak, en die meegaande gevolge is dus vanselfsprekend nadelig, nie net vir die provinsie nie, maar wat ons begeer vir die land. In hierdie verband, Speaker, is veral die afskaling van mynaktiwiteite gekoppel met die uitputting van die mineraal reserwes, veral gesien teen die agtergrond van die lae en ongereelde reenval. Dit Speaker is 'n groot uitdaging en spreek dus tot ons talente van innovasie, verkenning en ontdekking.
Daarom, President Mbeki, hang die toekomstige groei, ontwikkeling en volhoubaarheid van 'n provinsiale ekonomie soos ons s'n in 'n groot mate af van die skepping surrogaat ekonomiee, veral in die areas vervaardiging van mineral bevoordeling, toerisme en kleinboerdery. Laasgenoemde tersyde Speaker, soos ek reeds genome het, behalwe vir ons innovasie, verkenning en ontdekking, glo ek dat ons deur ons kollektiewe talente en kapasiteit, 'n verskil kan maak, waaraan u ons weereens herinner het agbare President.
Speaker, ek dan net graag 'n paar van ons suksesstories in Noord-Kaap met die Huis deel. Die ANC-regering het en maak tans in my streek Siyanda, 'n groot verskil in die lewens van die bevolking daar. Hier dink ek spesifiek aan die opgradering van die Augrabies Nasionale Park, die bou van die teerpad tussen Askom en die Kgalaghadi Nasional Park, verbreding van nasionale teerpaaie en die oprigting van 'n brug tussen Kakamas en Riemvasmaak. En hoe wonderlik was dit nie om die ongekende vreugde van ouers en kinders te sien met die opening van die brug nie. Waar die kinders voorheen per boot deur ysige water moes skool toe gaan, gaan hulle nou per bus skool toe. En agbare President, dit is die verskille in ons mense se lewens waarvan ons in die ANC praat.
Ten opsigte van die landbou, beleef die Oranje-rivierstreek tans 'n opswaai veral in die uitvoer van tafeldruiwe. Met die gevolg dat al hoe meer seisoenwerkers hier begin werrk het. Ek skat so plus-minus 4 000. Gevolglik het dit dan ander sosiale veroorsaak soos oorvol skole, klinieke ens. Maar ons het gelukkig ons vinger op die pols daar. Dan is daar dan ook aantygings teen die Minister van Landbou wat geen basis het nie. Net vir die record, Speaker: Ek hanteer daagliks klagtes van werkers op die plase in die omgewing wat og onseremonieel afgedank word en of wie onregmatig en in baie gevalle onmenslik behandel word. Byvoorbeeld baie van die werkers word op Kuruman gaan haal, maar wanneer daar 'n probleem ontstaan word hulle langs die pad afgelaai om op hull eie terug te gaan na Kuruman. Nou dit is hierdie tipe minagting en skending van die basise menseregte van hierdie arm werkers wat 'n mens se bloeddruk laat styg…maar dit eers daar gelaat.
Madame Speaker, al hierdie uitdagings maak regeringsintrede meer noodsaaklik. Ons glo dat hierdie intrede die fundamenteel is vir 'n markgerigte ekonomiese groei. En wat ons tot voordeel strek is die feit dat ons uitt ons eie lesse en ervaringe, suksesvol en andersins, kan leer.
Speaker, in lyn met ons Januarie 8 voorskrif, naamlik die bou van 'n bree front vir ontwikkeling, is ons as agente vir verandering, gereed, en ons sal, vir die taak om die ontwikkeling en mobilisering van die jeug en vroue. Hierdie bou van 'n bree front onderval jeug is absoluut krities indien ons daardie gunstige toestande wil skep waarin volhoubare sosio-ekonomiese ontwikkeling en groei moet gedy. Natuurlik vereis dit nuwe idees, innovasie en maatstawwe, indien ons die volumes vir betekenisvolle deelname in die ekonomie en ander sektore wil versnel. En Speaker, deur programme soos JIPSA en ander vaardigheids en ander verdere opleidinginitiatiewe, kan ons die kwalitieit sowel as die kwalitieit lewere soos voorsien in JIPSA
Wetgewing is nie genoeg nie, en ek dink die President sal met my saam stem dat die bewyslas op ons almal rus om leiding te neem en ons programme te neem tot waar die jeug en vroue nie toegang het nie. En miskien Meneer die President, het dit absoluuut geword dat ons meer indiepte gesprekke met die privaatsektor he om ons jeug en vroue toegang te verseker en te integreer in die hoofstroom van alle sektore van die sosio-ekonomiese landskap. Nodeloos om te se dat toe ons die Kontrak met die Mense gesluit het, was die jeug die dryfveer agter en aan die spits van ons veldtog.
Speaker, op regeringsvlak dit het dit noodsaaklik geword dat ons as die regering van die dag, die gebrek aan effektiwiteit en tekortkominge van die Uitgebreide Openbare Werke Program, hersien. aangesien dit duidelik geword het, veral gedurende monitering en oorsigbesoeke, en veral in afgelee, landelike gebiede, dienslewering nie die hond haaraf maak nie. Gebrek aan beplanning, ko-ordinasie, burokrasiee en gebrek aan kapasitiet en vaardighede, hierdie kritieke program, aan bande le. Dis hoekom die ontevredenheid van ons mense in baie gevalle heeltemal geregverdig is. Ek wi dus voorstel dat ons monitering en oorsig 'n radikaal nuwe betekenis gee gedurende die die res van die termyn. Speaker, ten einde wil ek onderskryf wat die President met alle oortuiging aan ons en die volk oorgedra het, naamlik dat ons nou 'n bevryde volk is en dat selfsug en eie belang wat steeds in sekere kringe gekoester word, vervang moet word met 'n gees van patriotisme.
Ek dank u.